Tuis | Projekte | Kameras

CCTV Kameras

Dome cameraDie CCTV Kamera projek is reeds 'n geruime tyd aktief besig om by te dra tot die bestryding van misdaad in die BMWCID area.

Daar is tans 15 kameras op strategiese plekke geplaas om Waverley, Bergtuin en Môregloed se toegange te monitor.

Die monitering van die kameras word deur Moot Crime Stop (MCS) behartig in gevolge ‘n diensooreenkoms tussen BMWCID en MCS.  D

ie kameras word 24 uur en 7 dae ‘n week gemonitor. Die beeldmateriaal word vir 2 weke lank gestoor sou daar navrae wees oor gebeure wat op die kameras vasgevang is.

Die SAPD maak ook gebruik van hierdie beeldmateriaal vir ondersoeke wat sodoende kan lei tot arristasies.